Welkom by Saaiplaas Gasteplaas...
Die gastehuis bied 'n lekker huislike, warm plaashuis-atmosfeer, omring met pragtige karooplaas-landskappe, damme, lusernlande, perde, skape, voëls en verskeie soorte wildsbokke.
Geniet saans 'n gesellige kuiertjie by die vuurherd op 'n bibberkoue wintersaand of ontspan by die lapa op 'n somersaand en aanskou die hemelruim se helder sterre. Verken die pragtige karoo-plaaslewe te voet, met jou bergfiets of 4x2-voertuig.
Saaiplaas is die geskikte plek vir 'n vinnige wegbreek uit die besige stadslewe, slegs twee uur se ry vanaf die Hugenote-tolhek. Die gastehuis is ideaal vir 'n groep vriende of familie en daar kan tot 14 mense slaap. Die huis het 'n sitkamer, eetkamer en 'n sonkamer met 'n vuurherd vir die winter.
Daar is drie slaapkamers elk met 'n dubbelbed en enkelbed; een slaapkamer met 'n dubbelbed en een slaapkamer met drie enkelbeddens en 'n badkamer. Daar is nog 'n groot aparte badkamer met 'n bad en stort. Die kombuis is goed toegerus. Die huis het Eskom-elektrisiteit en buite verskaf reuse populierbome koelte in die somer. Daar is ook 'n lapa met braaifasiliteite.





