'n Bietjie Meer Oor Die Plaas...


Die plaas is sedert 1840 in die besit van die Conradie-familie. Op Saaiplaas word geboer met Merino-skape, Angus-beeste, lusern, groentesaad en bye.

Daar is Ī 50 km-veldpaaie wat gestap, of met bergfietse of 4x2-voertuie gery kan word. Wild wat voorkom, is takbokke, springbokke, duikers, vaalribbokke en steenbokke. Heuning en braaihout is te koop.

Interessanthede op die plaas

Die ou plaasskooltjie met sy swartbord waar die vorige geslagte van die omgewing skoolgegaan het, kan besigtig word. Daar is ook nog 'n lei waarop met 'n griffel geskryf is. Op die plaas is kilometers klipmure wat gepak is om vee uit die lande te hou voordat draadheinings bestaan het. Nog besienswaardighede is onder andere 'n ou blaasbalk, bakkiespomp, perdekar en gebruiksartikels van vorige geslagte. Hier is ook 'n bloekombos en populierbos van Ī 2 ha en 'n reusepeerboom met 'n stamomtrek van 5,8 m wat besigtig kan word. Rustigheid, pragtige sonsondergange (veral herfs en lente) en helder sterre is eie aan die Karoo.

Klimaat

Saaiplaas is geleŽ in die Klein-Roggeveld Ė 'n plato in die Karoo, 60 km lank en 20 km breed wat winterreŽn ontvang soos in die Boland.

Desember, Januarie en Februarie is nie so warm soos in die Boland en res van die Karoo nie. Maart, April en Mei het 'n baie gematigde klimaat met lieflike sonsondergange. In Junie, Julie en Augustus is die Klein-Roggeveld bibberkoud met ryp en sneeu aan die orde van die dag. September, Oktober en November is dit prentjie-mooi en 'n groot verskeidenheid veldblomme is te sien.

Besienswaardighede in die omgewing

Matjiesfontein ( ± 40km)

Hier is die grootste museum in privaatbesit in Suid-Afrika Ė die moeite werd om te besoek.

Laingsburg ( ± 60km)

Die dorp is 30 jaar gelede (op 25 Jan 1981) deur 'n vloedramp getref waar die meeste lewens nog deur 'n natuurramp in Suid-Afrika geŽis is en die vloedmuseum beeld hierdie gebeurtenis uit.

Sutherland ( ± 70km)

Die grootste sterrewag in die suidelike halfrond is naby Sutherland geleë en ontvang dag- en nagbesoeke.